Die donker tyd toe Cholera se oorsprong nog onbekend was aan die medici.
Cholera is ’n verskrikking wat sporadies toeslaan oor die wêreld, nie net in die Ooste nie, maar ook hier in Afrika en selfs in Suid Afrika.
Hierdie is’n siekte so kwaadaardig dat ’n persoon in die oggend springlewendig kan wees en teen die aand in die lykshuis +lê. Die simptome begin met braking, koors en buikloop, wat ontwatering met geweld tot gevolg het.
Mense se vel verkleur spoedig tot ’n blouerige grys en wanneer die besmetting onbehandeld voortduur is die gevolg noodlottig.Stuiptrekkings, oe wat wegsink in hul kaste en n koue liggaam is van die finale simptome wat ervaar word, die persoon se polsslag verflou en sterf dan.
Asiatiese Cholera is die eerste keer in Indie waargeneem. In 1817 in Bengale is Europese dokters se aandag die eerste keer daarop gevestig toe n verwoestende epidemie die gebied getref het. Oor baie jare het dit ver en wyd voorgekom en versprei soos die mens beweeg het om handel te dryf ens. Dit het uitendelik die aarde se eerste wêreldwye siekte geword, wat duisende mense van China tot Europa en Amerika afgemaai het.
Medici het aanvanklik nie n oorsaak kon vaspen oor dié aaklige siekte nie, ’n Engelse dokter, dr. John Snow, het egter n vermoede gehad wat die oorsaak daarvan was. Die ganse mensdom is ’n groot dank verskuldig aan dr. John Snow en sy baanbrekerswerk betreffende die oorsprong van cholera.
In Oktober 1831 het cholera Engeland getref en met n spoed dwarsdeur die land versprei. In n kwessie van twee jaar het letterlik duisende mense gesterf van die gevreesde siekte. Meer as vyftig jaar later, in 1848, het ’n tweede epidemie na beraming ongeveer vyftig tot sewentig duisend lewens in Engeland en Wallis geëis. Daarna het n volgende epidemie uitgebreek waarin ongeveer dertig duisend mense in Londen alleen oorlede is van die siekte genaamd, Cholera.
Dokters het alle metodes aangewend om hul pasiente te genees en hul lewens te probeer red, deur bloedlating of met konkoksies soos laudanum, ('n opiumtinktuur) en brandewyn—dikwels vrugteloos.As hulle maar net die oorsaak van hierdie dodelike siekte kon vasstel,sou die genesings middel of proses van genesing en/of voorkoming, soveel makliker kon wees. Niemand het egter kon raai dat dit so naby en alledaags is as vuil,besoedelde water wat die oorsaak van die gevreesde siekte is nie.
In die eerste helfte van die 1800's het Londen ’n ongekende bevolkingsontploffing beleef wat sy getal inwoners hemelhoog tot 2,5 miljoen laat styg het. Die stad het een van Europa se toonaangewende handel- en fabriekstede geword en hordes plattelanders het—saam met hul vee—op die Engelse hoofstad toegesak. Dikwels sou agt, nege mense ’n kamer in ’n deelhuis met hul diere deel.
Londen, soos ander groot stede van destyds, kon die geweldige toevloei van nuwe inwoners hoegenaamd nie hanteer nie. Saam met die steeds toenemende mensemenigte het die ontsettende stank vermenigvuldig van meer as 200,000 vuilputte en die vullis wat in elke sloot en steeg opgehoop het. Boonop het die vuilgoed met die herhaalde reënstorms of met hoogwater van die Teems in die huise ingespoel en die markpleine oorstroom.
Dronkgeslane dokters het intussen steeds probeer antwoorde soek vir die dodelike cholera. Vermoedens dat die inaseming van giftige gasse cholera veroorsaak het was op n stadium ernstig oorweeg as die oorsaak. Dink jou dit in, hoe kan ’n mens nou ophou om lug in te asem? Die vrees en paniek het net erger en erger geword.
Soos voorheen genoem, het dr.John Snow, nie gebyt aan die storie van die vuil lug nie. Sy logiese redenasie was dat cholera pasiente nie long probleme opgedoen het nie, wat n voor die hand liggende simtoom van lug-inasemings soorte siektes sal wees.
Dr Snow se teorie was eenvoudig die volgende:—dat cholera deur besmette kos of water veroorsaak word. In 1849 is sy teorie alreeds gepubliseer, maar eers in 1854 met die epidemie kon hy dit bewys. Hy het die plekke gekarteer waar mense aan die siekte dood is en aangedui dat besmette water die sondaar was. Dr Snow het ook uitgevind dat cholera veral gewoed het aan ’n sekere deel van die Teems rivier, dit was baie erg deur stadsriool besoedel, en die beskawing van toentertyd het nog nooit met so n bevolkings ontploffing te doen gehad soos wat gedurende die agtienhonderds in Londen plaasgevind het nie.
Dr.Snow het die munisipale owerheid ingelig, maar die burokratiese wiele maal stadig. Tydens 1858 se somer seisoen was die stad gehul in die sogenaamde "Groot Stank." Derduisende londenaars het uit die stad gevlug as gevolg daarvan,wat selfs tot die sluiting van die parlement gevolg het. Niemand kon meer die geweldige stink reuke verduur nie.
Uiteindelik het die stads vaders begin om die rioolstelsels aan te pas om sodoende die stad se water te beskerm. Baie groter herontwerpte rioolstelsel het n einde gebring aan die cholera epidemie in die gebied. Nou kon ander stadsbeplanners regoor Europa, Amerika en ander plekke Londen se rioolstelsel as model volg en sodoende ook die cholera epidemie in hul gebiede voorkom...
n Duitse dokter, dr. Robert Koch. het in 1876 die kommavormige bakterie wat cholera veroorsaak ontdek onder ’n mikroskoop. Hierna sou almal weet wat cholera eintlik is—’n akute aansteeklike dunderm-infeksie, wat veroorsaak word deur die inname van kos en water wat met die bakterie Vibrio cholerae besmet is, gewoonlik deur menslike ontlasting.
SAWaterpurifier het die antwoord vir u om seker te maak dat u en u gesin
nie nog n statistiek van Cholera deur besoedelde water
hoef te word nie.
Draagbare Tru Osmose sisteem

Skakel Mario by 0724766353 vir verdere inligting of n kwotasie.

